Die ywerige amateurfotograaf Cobus Germishuys was op die regte plek op die regte tyd met sy mik-en-druk-kamera byderhand en ’n vinger op die knoppie om hierdie treffende beeld nes die son oor Somerset-Wes sak op kamera vas te vang. Germishuys, oftewel die Kanu-wynlandgoed se wyn-engel, het dié foto getitel, “Son groet oor Paardevlei”, geneem en deel dit graag met medelesers om dié mooie prentjie te geniet. DistriksPos & Helderberg Gazette nooi ander lesers uit om hul amateur- en professionele foto’s vir publikasie in te dien. Foto’s moet minstens 500 kb wees en na editor@districtmail.com gestuur word. Foto: Cobus Germishuys


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article