Met verwysing na Duncan Masiwa se rubriek “Finding grace for the racist stranger”, wat Donderdag 29 Januarie in DistriksPos & Helderberg Gazette gepubliseer is, wil ek namens die Afrikanernasie en die oortreder vir Duncan en die nie-wit volke van Suid-Afrika om vergifnis vra oor die vernedering en skande en seer wat ons julle deur al die jare aangedoen het.
Al wat ek kan sê is: “Vergewe ons asseblief.”
Duncan, ek glo die Here het jou daarvan weerhou om iets te sê of te doen.
Hierdie rubriek van jou doen baie meer – dit gaan eer aan die Here bring en liefde in ons harte vir mekaar.
Thank you for offering grace to your offender, Duncan.
Dís wat Jesus sou doen.


