Hoewel die Strandkuslyn oor die afgelope feessei­soen gewemel het met besoekers en strandgangers wat ‘n welverdiende breek langs die see geniet het, het dié koerant se geliefde amateurfotograaf, Cobus Germishuys, steeds sy mik-en-druk kamera byderhand gehad. Met ‘n skerp oog vir fyner dinge het hy daarin geslaag om die stiller, meer intieme oomblikke van die natuurlike skoonheid vas te vang. Hierdie asemrowende kiekie van die “wolfman”, soos Germishuys dit treffend beskryf, is op Saterdag 3 Januarie geneem en toon die indrukwekkende krag en skoonheid van die natuur in al sy glorie. Foto: Cobus Germishuys

Hoewel die Strandkuslyn oor die afgelope feessei­soen gewemel het met besoekers en strandgangers wat ‘n welverdiende breek langs die see geniet het, het dié koerant se geliefde amateurfotograaf, Cobus Germishuys, steeds sy mik-en-druk kamera byderhand gehad. Met ‘n skerp oog vir fyner dinge het hy daarin geslaag om die stiller, meer intieme oomblikke van die natuurlike skoonheid vas te vang. Hierdie asemrowende kiekie van die “wolfman”, soos Germishuys dit treffend beskryf, is op Saterdag 3 Januarie geneem en toon die indrukwekkende krag en skoonheid van die natuur in al sy glorie.

Foto’s: Cobus Germishuys
Germishuys het nog ‘n paar foto’s vir lesersgenot gedeel. Hierdie een is getiteld, “Strand stilte” – waar die golwe saggies teen die kus klots en die horison ‘n belofte van vrede uitstrek.
Waar die lig in soetpampoengloed oor die water dans, pak ‘n branderplankryer sy Oukersdag-avontuur tussen die branders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article