Dié groep leerders aan die Hoërskool Parel Vallei het by die virtuele Stellenbosch-eisteddfod spesiale pryse gewen. Hulle is (agter van links) Paul Strydom, Dylan Janse van Rensburg en Adam Fredericks. Voor: Ingrid Woeke, Dayeong Kim en Nina Strydom. Meer as 60 PV-leerders het die geleentheid aangegryp om vir die kultuurkompetisie in te skryf en altesaam 40 cum laude-toekennings is behaal. Dayeong het die Stellenbosch-eisteddfod-medalje vir visuele kuns: fotografie vir gr. 10- en gr. 11-leerders verower, Ingrid die medalje vir visuele kuns: beeldhou vir gr. 12-leerders, Dylan die medalje vir musiekteater vir hoërskoolleerders, Adam die Bothners- opkomende ster-prys vir die beste senior deelnemer in baskitaar, Nina die Stellenbosch-kunswedstrydbeker as beste drama-deelnemer in gr. 8 en die beker vir senior redevoering vir hoërskoolleerders, en Paul die Stellenbosch-kunswedstrydbeker vir beste drama-deelnemer in gr. 10 en die Rudi Janse-beker vir beste monoloog.


Leerders vir kultuur vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article