Sangers van die Hoërskool Strand se musiekafdeling het onlangs aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem. Die meisies het uitstekend gevaar met nege cum laude- en vier goue toekennings. Gabriella Benadie, Chloe Nel en Christiné Kok het na die gala-aand, wat in September in Stilbaai plaasvind, deurgedring. Saskia McDilling het die hoogste persentasie van 96,6% vir haar Afrikaanse lied ontvang. Die Hoërskool Strand is baie trots op hierdie sangers. Die onderwyseres Tilana van Tonder is ook by dié geleentheid deur die hoofbeoordelaar lof toegeswaai as een van die beste begeleiers wat hy in ’n lang tyd gehoor het. Van Tonder gaan die vrouekoor in die derde kwartaal by hierdie eisteddfod, in samewerking met Marietjie Malherbe, lei.


Baie geluk aan Caydi Fortein, wat onlangs vir die Wes-Kaap se o.15-netbalspan gekies is. Caydi gaan die Wes-Kaap by die SASN-kampioenskap van 17-21 Junie verteenwoordig.

Baie geluk aan Larné Arendse, wat vir die o.15- Kaapse Wynland-netbalspan gekies is. Larné gaan hierdie span by die interdistriktoernooi van 3-6 Julie in Riversdal verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article