Die monoloë van twee personeellede van die Hoërskool Parel Vallei, Darryl Spijkers (hoof van kultuur) en Anita Moller (vakhoof: Afrikaans Eerste Addisionele Taal), tesame met die oudleerder Rozaan Vos, is gekies vir die 2020 ATKV-tienertoneelbundel. Die ATKV-tienertoneel se digitale monoloog-bundel is enig in sy soort en ’n eerste vir tienertoneel. Die voorgeskrewe temas vir vanjaar se toneelstukke/monoloë was: “Ingeperk, Isolasie, Huis, Alleen en Stil”. Spijkers en Moller het vanjaar lekker saam aan toneelstukke vir die ATKV-tienertoneelkompetisie gewerk waarin PV-leerders verskeie goue- en cum laude-toekennings gewen het. Een van PV se leerders, Juné Kruger (“Wentelkind”), het ook onder die top-12 van die kompetisie geëindig. Laai die bundel gratis af en lees die onderwysers se werk, “Meisie in die sequinsrok”, en Rozaan se “Okay Cool”, by (https://atkv.org.za/nuus/posts/2020/november/atkv-tienertoneel-2020-laai-tekste-gratis-af/).Foto:


Leerders en onderwysers blink uit in ATKV-kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article