Kweek-week, die Hoërskool Parel Vallei se kultuurweek, het die laaste week van die eerste skoolkwartaal groot opwinding by dié skool gesorg. Enige leerder kon aan die verrigtinge deelneem en punte vir hul huise Stella, Nassau en Aberdeen invorder. Die leerders van Huis Stella het met 64 punte koning gekraai, gevolg deur Huis Nassau (34) en Aberdeen (31). Die kultuurpryswenners is agter Jelena Jerling (Nassau: individuele musiek), Lauren Bennell (Stella: groepdans-wenners), Kym Mahundi (Huis Stella), Mari Swanepoel (musiekgroep-wenners) en Hugo Strydom (Stella: redenaars). Voor is Zané Habig (Stella: individuele drama), Odia Tshilumbu (Aberdeen: orators) en Ingrid Woeke (Aberdeen: kuns). Insetsel: Jenna Britz (Stella: kreatiewe skryfwerk).


Leerders blink uit in kultuur

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article