Die a capella-groep van Hoërskool Parel Vallei is Saterdag 12 Oktober in George gekroon as die streekswenners van die Animato A Capella-sangkompetisie. Die PV-leerders, onder leiding van onderwysers Nicolene Murray, Roelene Swanepoel en Edene Mackenzie, het die beoordelaars en gehoor behoorlik met hul sang- en dansvermoë betower. Hulle het die pryse vir die beste sang- en beste keurspel-verwerking verower. Die kompetisie is vanjaar vir die eerste keer onder Wes- en Oos-Kaap-hoërskole gehou, maar word reeds die afgelope vyf jaar onder skole in die Vrystaat en Limpopo, asook Mpumalanga en Gauteng aangebied. Die primêre doel van die kompetisie is die bevordering en genot van ligte musiek in sang en dans onder hoërskoolleerders. Via (DStv 147) het ook ’n program, Stem Saam, oor verlede jaar se drie wenskole vervaardig en word 20:00 Vrydae uitgesaai. Skole word genooi om vir volgende jaar se kompetisie in te skryf. Vir nog inligting, bel Lizelle van Staden by 083 660 4822.


Leerders beïndruk met sang en dans

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article