“Ek het toe ’n vriend van my gebel en hom gesê waar ons is en gevra of hy dalk met die mense kan kom praat, want hulle het ’n taal gepraat wat ons nie verstaan het nie.”

Kort hierna het Julie glo uitgestruikel gekom en in die pad omgeval. Dis toe hulle sien hy is gesteek.

Kort hierna is die vriendin en ander persoon se selfone glo gesteel en moes hulle wag dat ’n vriend van die vriendin hulle kom oplaai en na die Helderberg-hospitaal gehaas het.

“Jaiden se kop was op my bors. Ek het hom probeer vashou sodat die wond in sy nek toegedruk bly, maar hy het sy laaste asem op my bors uitgeblaas,” sê Julie se vriendin, wat sigbaar ontsteld was om die hele ervaring weer op te roep.

Sersant Mthokozisi Gama, ’n woordvoerder van die Lwandle-polisie, het bevestig ’n saak van moord word ná Julie se dood ondersoek.

Die jong man laat nie net sy gebroke ma en pa agter nie, maar word ook deur twee sussies en ’n broer oorleef.

“Ná gr.10 het Jaiden saam met my kom werk,” sê Julian Julie, sy pa, trots.

Kort hierna het hy by Checkers in Gordonsbaai aangesluit, waar hy tot nou gewerk het.

“Ons gaan sy omgee mis. Hy was lief vir ’n ieder en ’n elk en was ’n treffer onder sy vriende,” sê Tesha, sy ma.

Teen druktyd het ’n petisie waarin die familie maan dat Selani nie borgtog moet kry nie, al op 1000 handtekeninge gestaan. V Die uitkoms van die borgtogaansoek was nog nie bekend teen DistriksPos en Helderberg Gazette se druktyd nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article