Ná ’n lang wag het die gr. 8-kuikens van die Hoërskool Strand Vrydag 12 Februarie, kuiken­snawels en al, met hul oriënteringsweek begin. Vanjaar het dinge anders verloop en Covid-19-protokol was die woord van die week. Onder leiding van die Arenderaad is daar gesorg dat kuikens te alle tye ’n veilige af­stand handhaaf, maar steeds ’n groepsgevoel ervaar. Lede van die Arenderaad het as mentors vir die kuikens opgetree, hulle beskerm en gelei. Die skool se waardes van respek, verantwoord­baarheid, diensbaarheid, integriteit en hardwer­kendheid is ook aan die nuwelinge geleer. Ver­skeie aktiwi­teite is in die program ingebou, soos ’n toer deur die skool, mentorsessies, ’n skool­geskiedenisles en repetisies vir die Kuikenkonsert wat vanjaar nie fisiek aangebied gaan word nie. Dit het egter die geleentheid vir kreatiwiteit geskep en ’n produksiemaatskappy het die konsert opgeneem. Dit sal die maand virtueel aangebied word. Charmoné Botha het haar kuikenvlerke gesprei. Foto:


Kuikens leer baie in Arendnes . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article