Hoërskool Strand neem hierdie Saterdag (9 Maart) met ’n swaar hart afskeid van ’n groep Belgiese leerders wat hier as deel van sy 17 jaar lange uitruilskema besoek afgelê het. Altesaam 12 gr. 11-leerders aan Burgerschool in Roeselare en twee onderwysers, Kristel Derycke en Peter van Damme, het Strand as deel van die uitruilskema vir twee weke (van 21 Februarie tot 9 Maart) besoek nadat ’n groep leerders van die plaaslike hoërskool van 23 September tot 14 Oktober verlede jaar in Roeselare was. “Dit is werklik ’n ongelooflike program wat leerders die geleentheid bied om mekaar se taal, kultuur, gewoontes en gebruike te leer en by gaste-gesinne tuis te gaan,” het Lynette Wolff van Hoërskool Strand, wat die uitruilskema met die hulp van Juliana Kotzé reël, gesê.Foto: Jamey Gordon


Kruiskulturele vriendskappe gesluit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article