Hoërskool Strand se jaarlikse krieket-prysuitdeling is Woensdag 3 April in die skoolsaal gehou.
Die krieketspeler van die jaar is Liam Martin wat ook ’n spesiale prys vir sy uitsonderlike prestasie ontvang het.
Liam was kaptein van die Boland se o.17-plattelandspan en is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse o.17-plattelandspan.
Verskeie spelers het pryse by die geleentheid gekry.



