Hoërskool Strand het aan die begin van die jaar ’n nuwe krieketorganiseerder gekry. Henk Conradie het amptelik op 1 Januarie by die Arend-familie aangesluit en is slaggereed om dié sportsoort tot hoër vlakke te neem. Conradie het vir vier jaar in Skotland, Australië en Nieu-Seeland krieket gespeel, waarna hy sy graad aan die Noordwes-Universiteit (Pukke) in Menslike Bewegingskunde en sielkunde voltooi het. Hy het daarna sy honneursgraad in BSc sportwetenskap by die Universiteit Stellenbosch verwerf. “Ek sien uit na die jaar wat voorlê – die nuwe uitdagings, om te werk met ’n jongerige o.19A-span en om die hoof van krieket by die Hoërskool Strand te wees. Die nuwe uitdagings sal ons oorkom en ’n groot sukses maak van die nuwe pad,” aldus Conradie.


Krieket loop in sy are

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article