Liandra Hon van die Laerskool Lochnerhof se “Toyota Core Inner Planet Travel” het die eerste plek in die agt tot 11 jaar-kategorie in die 2019- Toyota-droommotorkunskompetisie, wat in Mei deur Toyota Suid-Afrika Motors aangekondig is, ingeoes. Meer as 14 000 inskrywings van kinders wat hul talent en kreatiewe vaardighede toon, is van reg oor Suid-Afrika ontvang. Liandra het die “Toyota Core Inner Planet Travel-motor” wat reis in “hiperlustonnels” binne-in die aarde ontwerp, sodat geliefdes reg oor die wêreld binne enkele minute by enige land kan uitkom om lekker te kuier. Die drie bestes van Suid-Afrika word outomaties ingeskryf vir die internasionale Toyota-droommotorkunskompetisie in Japan.Foto:


Kreatiewe Liandra droom groot!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article