Saam met hul gelukbringers, is die atletiekspankapteins van die drie hoërskole in die Helder­berg wat Vrydag 18 Februarie mekaar die stryd sal aansê in die Dis-Chem-interskole-atletiek­byeenkoms by Hoërskool Parel Vallei (PV). Die kapteins het op voorverlede Vrydag (28 Januarie) by die PV-sport­terrein ontmoet. Daniel du Toit van Dischem Somerset Mall, wat vir die 15de jaar as hoofborg vir die atletiekbyeenkoms dien, was ook teenwoordig. Saam met die PV-gelukbringer Bella, die bulhond, is Christian Kotzé (PV-kaptein), Gino Cupido (Hoërskool Strand-kaptein) en Ashton Samuels (Hoërskool Hottentots-Holland-kaptein). Die ander gelukbringers is Butch, die bulhond en HS se gelukbringer, Kuiken. In die middel is spankapteine Caitlin Wyngaard (HS), Kelsey Appel (HH) en Marietjie Cilliers (PV).Foto’s: Jamey Gordon


Kragmeting

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article