Die talentvolle koor van Macassar Primêre Skool sal in die toekoms in ’n nuwe gewaad te sien wees danksy ’n skenking van T-hemde wat deur Tania Theron en Grayswan oorhandig is. Theron het die behoefte van die skoolkoor raakgesien en dit goedgedink om met die koorleier, James Isaacs, in verbinding te tree om die nodige reëlings te tref. “Dit is altyd lekker om te sien dat sulke goedhartige mense soos Tania Theron en Grayswan nog bestaan. Dit het ons koorleerders sowel as -onderwysers se harte laat jubel en juig. Nou kan ons koor met groot trots sing en dans – alles te danke aan Tania Theron en Grayswan, vir wie ons ewig dankbaar sal wees,” sê Isaacs. By die oorhandiging, van links agter, staan Isaacs en Tyrone Steyn (adjunkhoof). Voor is Lorainne Jansen van Vuuren (koor-assistent), Ronald Rass (skoolhoof), Tania Theron (Grayswan) en Desire Williams (adjunkhoof).Foto:


Koor nou alte swierig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article