Hoërskool Hottentots-Holland en Beaumont Primêre Skool se musiekdepartemente hou op Vrydagaand 4 November ’n musiekuitvoering in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Strand.
Die vertoning begin om 19:00 by die kerk op die hoek van Elim- en Boschendalstraat.

Die geldinsamelingsgeleentheid is ten bate van die hoërskool se trompoppies se deelname in 2017 aan die nasionale kompetisie in Durban.
Kaartjies teen R10 vir kinders en R20 vir volwassenes sal by die deure te koop wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article