Die welbekende vermaaklikheidster Casper de Vries het Maandag (30 Oktober) ’n Kaapse draai in die Strand gemaak en gehore by The Drama Factory met sy nuwe produksie, Casper de Vries – Semi-Lewendig laat skater van die lag. In die intieme solo-vertoning bedoel vir volwasse ore vertel hy alles oor sy stryd om weer normaal te kan funksioneer nadat ’n bosluis hom gebyt het en hy vir ’n lang tyd bedlêend was. Boonop het die komediant sy insae oor die toestand waarin die wêreld homself bevind en al die eiesoortige Suid-Afrikaanse dilemmas wat ons tans meemaak, gedeel. Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article