Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes is bekend vir sy skoonheid, en besoekers geniet dit om die pragtige tuine, skouspelagtige natuurskoonheid, natuurlewe en gasvryheidsaanbiedinge op kamera vas te lê.
Amateur- en professionele fotograwe het nou die geleentheid om hul foto’s van hierdie merkwaardige landgoed ten toon te stel en ??die kans te staan om wonderlike pryse te wen.
Toekennings in die Essence of Vergelegen-fotokompetisie, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied word, sluit in fotografiese toerusting geborg deur die kompetisievennoot Orms Direct, in samewerking met Canon, Vergelegen-ervarings, restaurantbewyse en wyn. Die finaliste se wenkiekies sal by die landgoed, wat ’n provinsiale erfenisterrein is, uitgestal word.
Foto’s kan in drie afdelings ingeskryf word – kamera-afdeling (op enige kamera geneem, met of sonder lense); slimfoon-afdeling (op ’n selfoon of mobiele toestel geneem); en junior afdeling (16 jaar en jonger, foto op enige toestel geneem).
Vir verdere inligting, besoek: https://zfrmz.com/ES4Q52MrkmoaBc6ypzoj (vir meer oor die fotokompetisie); https://www.ormsdirect.co.za/ (vir Orms Direct); en https://vergelegen.co.za/ (vir meer oor die Vergelegen-landgoed).



