Die gewilde Hope Hike vind op Sondag 27 Oktober op die Delvera-landgoed in Stellenbosch plaas.
Deelnemers aan die Hope Hike kan óf in lewende lywe óf virtueel deelneem. By die geleentheid op Delvera is daar drie roetes: die 7 km-Klapmutskoproete (07:30); die 10 km-roete (07:35); en die 5 km-roete (07:45). Diegene wat virtueel deelneem kan enige tyd en enige plek hul eie roete voltooi.
Deelnemers word aangemoedig om iets blou te dra en selfies met hul inskrywingsnommer op die Ithemba-stigting se Facebook- en Instagram-blad te deel. Pryse is op die spel.
Die inskrywingsfooi vir alle roetes is R80 per persoon en R50 vir leerders en studente. Inskrywings sluit op Vrydag 25 Oktober. Besoek www.entryninja.com/events/ om in te skryf.


