Laerskool Hendrik Louw bied ’n sakeontbyt met Kobus Wiese aan.
Luister na die rugbybekende se sakegeheime terwyl jy met ander plaaslike entrepreneurs kuier en die oggend geniet.
Die ontbyt vind Vrydag 6 September in die Hendrik Louw-skoolsaal plaas en begin om 07:30 vir 08:00. Kaartjies kos R200 elk of ondernemings kan ’n tafel bespreek.
Rig navrae aan Yvette du Plessis by 021 853 1045 of hlbemarker@mweb.co.za voor Vrydag 23 Augustus.


