Helderberg-rugbyklub het Saterdag (10 Augustus) sy voorlaaste Liga A-wedstryd op ’n sopnat oppervlak by Charles Morkel baie maklik en klinies beklink met ses drieë en ’n 41-12-telling teen ’n gewillige NTK, wat nou saam met KSUT na die B-afdeling verdoem is vir die volgende seisoen.
’n Ondertwintigspeler, Jaiden Daniels, is die eerste keer tot nou in die eerste span vir regtervleuel gekies en hy het ná slegs ses minute sy (eerste) drie gedruk (5-0). Ná 16 minute het Berge se pronkslot Shane Kennedy die tweede drie gedruk, verdoel deur Michael Visser (12-0).
Vier minute later het die losskakel, Errol Jaggers, gedruk en Visser het weer verdoel (19-0). Net voor rustyd het Rasool Thomas gedruk en Visser verdoel vir ’n 26-0-rustydtelling.
Vyf minute ná die hervatting het die flank Marius Swart sy drie gedruk (31-0) en ses minute hierna het die heelagter, Stewart Jacobs, sy drie gedruk (36-0).
Die spel het moeilik geraak, want alles was modder, maar NTK het teen die verloop ’n drie gekry (36–5). Nog twee drieë het gevolg – een vir elke span volg – met die eindtelling uiteindelik 41-12.. Die begeesterde Brackenfell-rugbyklub het Saterdag (10 Augustus) met ’n oorwinning van 34-7 teen besoekers GetMetal St. George’s in die ander Superliga A-wedstryd behaal. Dit was geensins ’n maklike dag vir die Lulu Boys nie, aangesien die nat en modderige toestande, gekombineer met sterk wind en baie reën, hulle gekniehalter het.
Die Lulu Boys het ten spyte van die uitdagende omstandighede die eerste helfte goed begin en teen rustyd 7-5 voorgeloop. Die span se ster-agsteman moes egter die veld verlaat nadat sy kakebeen gebreek is, wat die span se momentum duidelik beïnvloed het.
Sipho Hobosch, die mees uitstaande speler vir die Lulu Boys op die dag, het die enigste drie vir St. George’s-rugbyklub aangeteken. Hy het ook op die grond en in die lynstane uitgestaan. Patrick van Wyk het die verdoelskop suksesvol deur die pale gestuur. Die tweede helfte was egter heeltemal in Brackenfell se guns, wat die oorhand gekry en al die punte in dié helfte aangeteken het.
Brackenfell het ook daarin geslaag om met ’n bonuspunt te wen.
Hoewel die uitslag vir die Lulu Boys teleurstellend was, het hulle steeds alles op die dag gegee. Baie geluk aan Brackenfell met hul oorwinning.
V Ander uitslae:
. Superliga B: All Saints 7-45 Van Der Stel Evergreens; Strand RFC 8-59 UWC.
. Superliga C: Strand United 3-14 Rangers; Macassar 50-14 Eerste River
. Top 9 Promotion: Sir Lowrians 21-20 Albions
V Wedstryde:
– Woensdag 14 Augustus:
. Superliga A: Helderberg t Maties (Charles Morkel)
. Superliga C: Strand United t Primroses (Bellville)
– Saterdag 17 Augustus:
. Superliga A: St. George’s t Villager (Gustrouw).
. Superliga B: Strand RFC t Collegians (weg).
. Superliga C: Strand United vs Busy Bees (Abattoir)
. Top 9-promosie: Sir Lowrians t Young Wesleys (Sir Lowry’s Pass).


