Wêreldwye basedag is Woensdag 16 Oktober in styl by die Rusthof Oslo-skool gevier met die personeel wat ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur het. Mannette Mally, die skoolhoof, is spesiaal bederf en bedank vir haar leiding by dié spesiale skool in Strand. Mally is verras met die diens van ’n persoonlike chauffeur, Jevonne Cloete, ’n personeellid, en ’n vyfster-ontbyt vir haar en haar suster by die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes. “Ek het dit nie in die minste verwag nie,” vertel Mally, wat die personeel hartlik bedank het. “Julle is ’n wonderlike span om mee saam te werk.”Foto:


Klase bederf base

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article