Die o.13-tennisspanne van Laerskool De Hoop het die afgelope naweek (Vrydag 21 en Saterdag 22 Februarie) aan die Eikestad-dubbelstoernooi in Stellenbosch deelgeneem. Die spanne het wedstryde in die dubbels en gemengde dubbels gespeel en in die eindstryd teen Laerskool Durbanville te staan gekom. Hulle het dié wedstryd beklink en goud gewen. Die wenspanne is (links agter) Nicolas Lourens, Reynecke Fouché, Liam Basson en Charles Lombard, en voor is Emily du Toit, Lisa-Marie du Toit, Amelie Ward en Lara Potgieter.


Kishou!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article