Jeani Heyns en Kerscha Titus is skreeusnaaks as narre in Die Dag Toe Guppie Sweef.


Die splinternuwe kinderproduksie, Die Dag Toe Guppie Sweef, beloof om vandag groot plesier vir jongelinge na The Drama Factory in Strand te bring.

Twee hansworse van die jaar 2052 vertel die storie van Guppie, ’n grenspos bewaarder van ’n klein boere gemeenskap, Die Republiek van Die Kapok Boere Vereeniging (of RKBV) – so vernoem na ’n aardbewing ’n skeur getrek het reg rondom ’n lappie aarde. Guppie staar vir dae aan een na die elektriese heining en vra: Is daar lewe aan die ander kant? Lyk hulle soos monsters uit een van sy ergste nagmerries, of is hulle… ’n blikkie?

Die storievertelling word deur middel van narwerk en fisieke komedie behartig. Guppie sal die jonges laat skaterlag, terwyl die onderliggende kommentaar volwassenes sal laat nadink oor ons huidige polêre samelewing, mense met noue gedagtes en die vrees vir “die ander”.

Die jong aktrises Jeani Heyns en Kerscha Titus vertolk die rolle van die nare, en Alberto Smit is die produksie se regisseur.

Die Dag Toe Guppie Sweef is Saterdag 19 November om 12:00 en 14:00 op die planke van The Drama Factory.

Kaartjies kos R80 per persoon en R60 per persoon vir blokbesprekings. Bespreek jou plek aanlyn by www.thedramafactory.co.za, of bel 073 215 2290 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article