Die aktrise en kinderboekskrywer Bianca Flanders het ter viering van Wêreld-hardopleesdag (Woensdag 5 Februarie) Oklahomastraat Primêr besoek. Sy het haar nuutste boek, Prinses Pampoenpit, aan die hele skool voorgelees. Die boek handel oor selfaanvaarding en die bou van ’n positiewe selfbeeld by leerders en sluit aan by die “Transformeer om te presteer-inisiatief” van die provinsiale onderwysdepartement, wat op positiewe waardes en gehalteonderwys fokus. Die boek is ook in Engels beskikbaar. Flanders (regs) het ’n paar boeke aan die skoolhoof, Jo-Ann Schroeder, oorhandig.


Kinderboekskrywer verras leerders

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article