Kinders van die Maranatha-sopkombuis en die Titus-kleuterskool in Erijaville, Strand, het ‘n bietjie warmte ontvang om die winter mee af te sluit.
Die NG-gemeente Suider-Strand het truie en musse aan die kindertjies geskenk om hulle tydens die koue wintermaande warm te hou.
Katy Arendse, die bestuurder van die sopkombuis, het die kerk vir die skenking en vir die voortdurende ondersteuning aan die Erijaville-gemeenskap bedank.


