Die Hervormde kerk Strand se Kaalvoet-Sondag vir Barmhartigheid op 8 Junie was deurdrenk met ‘n gees van liefde, omgee en barmhartigheid. Oud en jonk het die yskoue winterweer kaalvoet aangedurf en met oop harte ruim tot die barmhartigheidsinisiatief bygedra. Die gemeente het Helderbergers hartlik uitgenooi om โ€“ in solidariteit met kwesbares โ€“ kaalvoet na die Sondagdiens te kom en skenkings vir Heartlands Baby Sanctuary en die kerk se diakonale pleeghuise op te offer (“Kaalvoet-Sondag kom vir goeie doel,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 30 Mei). Merkwaardig genoeg was die oudste lidmaat wat die erediens kaalvoet bygewoon het, ‘n indrukwekkende 85 jaar oud. Verskeie lidmate in hul laat sewentigs en vroeรซ tagtigs het ook die koue vloere vir hierdie edele doel dapper trotseer.
Die gemeenskap se vrygewigheid was tasbaar en al die ingesamelde goedere is reeds suksesvol by die gemeenskapsorganisasie Heartlands Baby Sanctuary afgelewer, waar dit ‘n daadwerklike verskil in die lewe van behoeftige kinders sal maak. Heartlands Baby Sanctuary is ‘n tydelike veilige versorgingsfasiliteit in Somerset-Wes, wat op enige tydstip huisvesting aan tot 25 kinders kan bied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article