Met die nuwe skooljaar wat voorverlede Woensdag (15 Januarie) begin het, het Wyk 85-raadslid Chantal Cerfontein opvoedkundige skryfbehoefte-pakkette aan behoeftige leerders in haar wyk uitgedeel. Die pakkette is verlede Maandag (20 Januarie) uitgedeel en die projek is daarop gemik om gr. 3- en gr. 4-leerders, hoofsaaklik van Rusthof Primêre Skool, te help om die jaar voorbereid aan te pak. Volgens Cerfontein is die inisiatief deel van die Demokratiese Alliansie (DA) se lopende projekte in die wyk. Sy sê daar is ’n groot behoefte aan skryfbehoeftes in die gemeenskap en hoewel hulle nie almal kon help nie, probeer hulle daardie leerders wat andersins met niks sou begin het nie, op hierdie manier ondersteun. Die gemeenskapsprojek poog om kinders met die nodige hulpmiddele vir akademiese sukses toe te rus.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article