Inskrywings vir Mej. Helderberg 2025 is amptelik oop.
Enigiemand tussen die ouderdom van drie en 25 jaar oud word genooi om deel te neem. Die koste om in te skryf, is R150 en almal wat belangstel, kan ‘n vorm aanvra.
Die sluitingsdatum vir die skoonheidskompetisie is Woensdag 30 April.
Die sesde jaarlikse Mej. Helderberg sal Saterdag 7 Junie aangebied word.
Vir meer inligting of om ‘n vorm aan te vra, kontak Rachmat by 063 438 9359 of Nadia by 078 028 6121.




