Die jaarlikse Dischem-interskole-atletiekbyeenkoms tussen die hoërskole Parel Vallei (PV), Strand (HS) en Hottentots-Holland (HH) het Dinsdag 4, Woensdag 5 en Vrydag 7 Februarie vuurwarm aksie opgelewer.
Die laaste dag van die interskole het met opwindende optogte uit die boonste rakke begin.
Die dag is ook geken aan hope atletiekaksie, kameraadskap en samesyn tussen die drie hoërskole in die Helderbergkom.
PV het die atletiek- en geesbeker gewen en wéér in alle ouderdomsgroepe voor gevat.
Parel Vallei het die Walter Laurie Ko-ed-skild met die hoogste gesamentlike totaal vir die dag gewen.
Die eindtellings was soos volg: PV 3 530; HS 2 809 en HH 2 154.
PV het ’n soete oorwinning in die atletiekbyeenkoms behaal en pronk met ’n indrukwekkende aantal trofeë in verskeie ouderdomsgroepe en individuele items.
PV het dié ouderdomsgroep-trofeë gewen:
- Beste o.14-seunspan: 393 punte (HH: 287; en HS: 267).
- Beste o.19-seunspan: 460 punte (HS: 359; en HH: 337).
- Beste o.14-meisiespan: 424 punte (HS: 284; en HH: 236).
- Beste o.15-meisiespan: 447 punte (HS: 349; en HH: 289)
- Beste o.17-meisiespan: 509 punte (HS: 402; en HH: 188).
- Beste o.19-meisiespan: 528 punte (HS: 310; en HH: 196).
Die Hoërskool Strand het die volgende trofeë gewen:
- Beste o.15-seunspan: 410 punte (PV: 379; en HH: 299); en
- Beste o.17-seunspan: 425 punte (PV: 391; en HH: 322).
Twee Parel Valleiers het uitstekende individuele prestasies behaal:
- Jordon Downing: Faasen-trofee vir die beste atleet; en
- Selmarie Erasmus: Deon Burger-trofee vir die beste atleet in vier items.
PV het ook as die algehele beste span presteer en twee belangrike span-trofeë gewen:
- Peter van der Merwe-skild: Beste seunspan – 1 623 punte (HS: 1 461; HH: 1 245); en
- EB Roelofse-skild: Beste meisiespan – 1 908 punte (HS: 1 345; HH: 909)
PV het algeheel puik presteer en die meeste trofeë in die verskillende kategorieë verower.
#DitWilGedoenWees #TUNGU #BlueThread



