Die interskole-koors loop weer eens hoog in die Helderberg-kom met verskeie plaaslike laerskole se sportspanne wat mekaar hierdie naweek die stryd aansê. Die 2024-Buco-winterinterskole het aangebreek en beloof om ’n onvergeetlike vertoning van uitstekende spel, uitmuntende vaardighede en aansteeklike spangees te lewer, soos dit oor die jare daarmee sinoniem geword het. In die gees van sportmangees, dankbaarheid en die voorreg om deel te neem, sal spelers van Somerset-Wes en Gordonsbaai Primêr, die Laerskool Valsbaai en Mikro, en Curro Sitari, in kragmetings op die hokkie- en rugbyveld en die netbalbaan meeding. Die interskole-byeenkoms se volgepakte program het Dinsdag (20 Augustus) met uitdagende skaakwedstryde by die Somerset-Wes-biblioteek begin. Die program duur voort met die interskole-sportaksie wat Donderdag (22 Augustus) van 13:00 tot 18:00 op die hokkieveld by Laerskool De Hoop afspeel, en rugby- en netbalwedtsryde wat Vrydag tussen 08:00 en 13:30 by Summies gespeel word. Agter (van links) is Minentle Flepu (Gordonsbaai-netbalkaptein), Leighton Hendricks (SWPS-rugbykaptein), Michael Ndlovu (Gordonsbaai-rugbykaptein) en Blaike van Reenan (SWPS-netbalkaptein). Middel: Umile Mhaga (SWPS-skaakkaptein), Tekoah Thomas (SWPS-hok


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article