Die plaaslike meubelreus Etienne Lewis is die afgelope 48 jaar ’n welbekende naam in die meubelbedryf.
Die sakereus, wat slegs ’n paar jaar minder as vyf dekades ’n sukses is, het in 1996 ’n vertoonlokaal van 2 000 m² op hul eie perseel in Pretoria geopen en verlede April ’n nuwe tak in die Helderberg-kom op die been gebring.
Benewens uitstekende diens, bied Etienne Lewis aan al hul kliënte ’n wye reeks tydlose meubels van topgehalte teen bekostigbare pryse.
Vir enigiets om jou huis te verfraai of meer snoesig en huislik te maak, kom loer gerus by die onderneming in en vra vir Sasha-Lee of Mia, wat elke kliënt op die hande dra.
Onder andere bied die meubelwinkel ook afleweringsdienste en fabric protection-behandeling van enige produkte. Hulle gee ook raad met binneversiering.
Die onderneming en al sy pligsgetroue personeel is gesentreer rondom die kernwaardes van eerlikheid, vriendelikheid en behulpsaamheid. Die onderneming se leuse is “Ons streef na uitnemendheid”.
Sanda Palmer is tans in bestuur van die familiebesigheid. Sy het die leisels in 2020, ná die afsterwe van die stigter en eienaar Etienne Lewis, wat haar pa was, oorgeneem.



