Die rugbygemeenskap neem hartseer afskeid van die 91-jarige Jan F. le Roux, ’n oud-president en voorsitter van die destydse Strand-Somerset-Wes-rugbyklub.
Le Roux was ’n plaaslike legende in die rugbywêreld en ’n geliefde figuur in die gemeenskap. Hy was vir ’n merkwaardige 73 jaar ’n ononderbroke lid van die klub en was ook erelid van die Helderberg-rugbyklub (soos die klub later bekend geword het). Sy bydrae tot die sport en sy gemeenskap sal lank onthou word.
Hy was are lank die bestuurder van Voortrekkerpark, wat onder sy leiding ’n bekende rugbyveld landwyd geword het. Sy kennis en ervaring was van onskatbare waarde vir die ontwikkeling van rugby in die gebied.
Le Roux sal ook onthou word vir sy toewyding aan sy gemeenskap en sy vriendelike gees.





