Voorsitter van Helderberg-rugbyklub, Bokkie Carstens, het rouklaers by die gedenkdiens toegespreek.Foto’s: Yaseen Gaffar


Die rugbygemeenskap neem hartseer afskeid van die 91-jarige Jan F. le Roux, ’n oud-president en voorsitter van die destydse Strand-Somerset-Wes-rugbyklub.

Le Roux was ’n plaaslike legende in die rugbywêreld en ’n geliefde figuur in die gemeenskap. Hy was vir ’n merkwaardige 73 jaar ’n ononderbroke lid van die klub en was ook erelid van die Helderberg-rugbyklub (soos die klub later bekend geword het). Sy bydrae tot die sport en sy gemeenskap sal lank onthou word.

Hy was are lank die bestuurder van Voortrekkerpark, wat onder sy leiding ’n bekende rugbyveld landwyd geword het. Sy kennis en ervaring was van onskatbare waarde vir die ontwikkeling van rugby in die gebied.

Le Roux sal ook onthou word vir sy toewyding aan sy gemeenskap en sy vriendelike gees.

Blad Munnik, Theo Claassen, Hanki Heyns, Bokkie Carstens en Blackie Swart van Helderberg-rugbyklub het hul laaste eer aan die rugbylegende Jan F. le Roux betoon.

Familielede Almero Rademeyer, Fonnie Hough en Estelle Badenhorst.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article