Christopher Smit, ’n gr.11-leerder aan die Hoërskool Strand, het Saterdag 18 September aan die Worpe-atletiekbyeenkoms in Mosselbaai deelgeneem. Die talentvolle hamergooi-atleet het die eerste plek vir o.18-seuns behaal met ’n nuwe byeenkoms­rekordpoging van 62,90 m. Met hierdie afstand het hy ook sy persoonlike beste afstand met byna 2 m verbeter, ook ’n verbetering op sy poging by die Suid-Afrikaanse skole-atletiek-kampioenskap in April, toe hy die goue medalje in sy ouderdomsgroep gewen het.Foto:


Hy kan gooi!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article