Die Strandse egpaar Derick en Francien van Staden het Sondag (14 Julie) saam met nagenoeg 5 000 bewonderaars die The Last Waltz Farewell Tour-konsert van die bekroonde sanger Engelbert Humperdinck by die Grand Arena in GrandWest bygewoon – dít nadat Derick as die gelukkige wenner van ’n stel dubbelkaartjies in ’n leserskompetisie, wat deur DistriksPos & Helderberg Gazette aangebied is, aangekondig is. Lesers is aangemoedig in te skryf deur ’n motivering oor waarom hulle graag die legendariese Britse sanger se konsert wou bywoon. “Ek en Francien het mekaar op 18 September 1969 op ’n blind date in Springs by haar klaspartytjie ontmoet – ek, van die Paarl, en sy ’n gr. 11-meisie. Daardie aand was ‘Please Release Me’ een van my gunsteling-liedjies, want ’n meisie in die Paarl was nog ’n bietjie lastig. Dit sal ’n belewenis wees om op die ouderdom van 74 en 71 Engelbert Humperdinck in lewende lywe te sien en ek vertrou dat die keuse op ons twee sal val. Ek moet sê, ná 54 jaar is ons nog steeds blindelings verlief,” lui Derick se motivering. Die paartjie was sprakeloos, dog opgewonde, toe hulle die nuus van hul oorwinning ontvang, en deel die volgende oor die konsert: “Weer eens, baie dankie vir die geleentheid

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article