Dié groep atlete van Laerskool De Hoop is vanjaar in die Westelike Provinsie-atletiekspan vir laerskole opgeneem. Dis ’n besonderse eer vir Laerskool De Hoop om 14 provinsiale atlete op te lewer wat die afgelope naweek reeds aan die Wes-Kaap-atletiekbyeenkoms by die Dal Josafat-stadion in die Paarl deelgeneem het. Die atlete is: Agter: Mila Bester en Mila Ueckermann. Middel: Nicolas Swanepoel, Tomily Haupt, Johané van Blerk, Anneleen Burger, Lana Visser en Jean Volschenk. Voor: Zani Volschenk, Klara Vorster, Ilke Stockigt, Ruald de Villiers, Ryan Bezuidenhout en Zachary Rebeiro.


Hulle hou De Hoop se naam hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article