Dié groep atlete van Hoërskool Strand sal die komende naweek aan die Wes-Kaap se interprovinsiale kampioenskap by Dal Josafat-stadion in die Paarl deelneem. Agter is Christopher Smit (hamergooi), Marli Botha (hamergooi) en Anél Swart (hamergooi). Voor is Caitlin Isaacs (100 m) en Rejeanne Herbst (hamergooi). Dié atlete sal atlete van die res van die provinsie die stryd aansê om vir die ASA jeug- en junior kampioenskap later vandeesmaand te kwalifiseer. Die nasionale kompetisie word van 26-28 Maart gehou.


HS se topatlete!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article