Die talentvolle tennisspelers van Laerskool De Hoop het omtrent naam gemaak by die Truida Kestell-tennistoernooi in Bethlehem en omliggende gebiede. Die seuns- en meisiespan het tot die eindstryd van hul kompetisies deurgedring, maar moes die knie buig voor hul teenstanders. Die tennisspanne, wat deur HVM Ouditeure en Rekenmeesters geborg word, het die tweede plek in hul kompetisies uit 46 seunsspanne en 40 meisiespanne behaal. Die spanlede is (agter) Joannette Kruger (afrigter), Amelie Ward, Annika Kruger, Hanmaré McAslin, Lara Potgieter, Lisa-Marie du Toit en Neels Riekert (afrigter). Voor: Luke Bosman, Tristan Damseux, Melt van As, Christo Cilliers en Leon du Toit.


Hou skool se naam hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article