Leerders van die Laerskool Lochnerhof het hope pret by die skool se kaskardag gehad.
Die skool het voorheen winkeltrollies ingespan vir dié aksie, maar het vanjaar op kaskarre besluit. Elke klas kon sy eie tema kies, ’n banier volgens die tema maak en daarvolgens aantrek.
Die onderwysers het elk ’n beurt gekry om ook in die pret te deel en almal was aan die einde van dié opwindende kaskardag behoorlik uitgeput. Die kaskardag is gehou om geld vir die skool in te samel.
Die kinders was baie opgewonde om aan dié dag deel te neem.



