Die o.16A-meisieshokkiespan van Hoërskool Strand het aan die jaarlikse Spar-hokkietoernooi deelgeneem. Die span was in vier wedstryde in aksie, waarvan hulle twee gewen, in een gelykop gespeel en een verloor het. Buiten die positiewe uitslae het die span se goeie gees en gesindheid hulle die prys as die span met die beste gees besorg. Die spanlede is agter Amber Philips, Daniëlle Meyer, Candice Dalton, Beanca van Nieuwholtz, Danelie Pienaar, Anika van Zyl, Karmen Venter en Atala van Coller. Voor is Joy Daniels, Dominique Shepherd, Amelia Lewies, Celentia Janse van Vuuren, Antoinette Bredenkamp en Aneldie Morkel. Die span se afrigter, Lydia Ziehl, het die dag saam met hulle geniet.


Hokkiespan vaar puik in hokkiedrag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article