Leani van der Merwe en Michael Alexander is twee hokkieafrigters van Hoërskool Strand wat genooi is om by die All Girls Festival in Paarl as skeidsregters op te tree. Die fees is ’n geleentheid vir meisieskole in Suid-Afrika om in verskillende sportsoorte mee te ding. Vanjaar het 21 skole van reg oor die land en uit elke provinsie deelgeneem. Van die meisieskole wat deelgeneem het, sluit in Oranje, Eunice, Pretoria Girls, St Michael’s, Jeppe, Collegiate, Rustenburg, Kingsridge, Northlands en Afrikaans Hoër Pretoria. Die meisieskole van die Boland wat deelgeneem het, is Bloemhof, Rhenish, La Rochelle en Hoër Meisieskool Paarl. Laasgenoemde twee was ook die aanbieders van die fees. Alexander was die skeidsregter in die wedstryd wat die derde en vierde plekke bepaal het. Eunice en Oranje het vir dié plekke uitgespeel. Van der Merwe was die skeidsregter in die hoofwedstryd van die fees tussen Rhenish van Stellenbosch en Collegiate van Port Elizabeth. Hoërskool Strand se leerders en personeel is trots op die twee Arend-hokkieafrigters.


Hokkieafrigters presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article