Vyf hokkiespelers van Hoërskool Strand is in franchise-spanne opgeneem om aan die premier-hokkieliga deel te neem.

Christine Norval (Rebels), Graham Smal (Heat) en Marais Westraat (Royals) sal in aksie wees in die kompetisie vir o.14-spelers. Celentia Janse van Vuuren sal deel wees van die Raiders-o.16-span en Nia Theron is opgeneem in Heat se o.18-span.

Dié toernooi wat deur WP-hokkie vir jong hokkiespelers aangebied word, begin môre (Vrydag 9 Oktober) en eindig Sondag 23 Oktober. Alle wedstryde sal by die sportterrein van Westelike Provinsie-krieketklub gespeel word. Die franchise-hokkietoernooi geniet ook die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse hokkievereniging.

Die franchisespanne wat deelneem, is die Raptors, Raiders, Heat, Royals, Rebels en All Stars. Elke span sal vyf wedstryde speel. Die spanne is Saterdag 26 September via ’n regstreekse Facebook-uitsending aangekondig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article