Foto links: Van die kandidate is van links, Cassandra Petersen (A-simbool – Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Rugshaana Wyeth, Jana Wessels, Illanda Matthee en Khanyisa Qumsa (A-simbool – Lewensoriëntering). Foto:


Die Hoërskool Valsbaai is trots om weereens ’n 100% slaagsyfer in die nasionale senior sertifikaateksamen te behaal.

Volgens skoolhoof, Herman Janse van Rensburg, is dit die 12de agtereenvolgende jaar dat voltydse kandidate die slaagsyfer behaal met ’n gemiddelde van 63%.

Elf kandidate het die eksamen afgelê waarvan 10 toelating tot ’n graadkursus behaal het en een tot ’n diplomakursus.

Alle voltydse matrieks het sedert die Junie-eksamen hul gemiddelde punte verhoog en deeltydse kandidate het ook almal geslaag.

“Met harde werk het hulle daarin geslaag om weereens ’n 100% slaagsyfer te behaal. Ons wens hulle almal voorspoed vir hul toekoms.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article