Strand-polisie doen beroep op die gemeenskap om na vore te kom met inligting wat moontlik kan help om ’n vrou wie se lyk naby ’n waterpark in Kusweg ontdek is, te identifiseer. Die onbekende vrou se lewelose liggaam is Donderdagoggend 31 Maart deur lede van die publiek gevind (“Vrou se lyk gevind,” DistriksPos, Donderdag 7 April). Die vrou, wat ’n swart reënjas en donker broek aangehad het, is aangetref waar sy van ’n boom gehang het. “Ons is tans op soek na familie van die vrou. Haar identiteit is nog onbekend. As enige persoon haar ken of inligting het oor haar identiteit, dan kan hulle vir adjudant-offisier Johan Bresler skakel by 082 469 3359 of 021 854 9130,” het adjudant-offisier Nico Beukes, Strand-polisiewoordvoerder, versoek.

Credit: SYSTEM

Het jy haar geken?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article