Die Helderberg-rugbyklub is sedert verlede Dinsdagaand (10 Januarie) druk aan’t oefen.
Altesaam 86 manne was teenwoordig en 16 lede van die nuut gestigte vrouespan het ook opgedaag.
Die vroeë vriendskaplike program is soos volg bekend gemaak:. Saterdag 25 Februarie – Valsbaai (tuis). Saterdag 4 Maart – Saldanha (weg). Saterdag 11 Maart – Hamiltons (weg). Saterdag 25 Maart – familiedag
Berge se afrigtingspan is ook bevestig:
– Senior-span:
. Spanbestuurder – Herman Pretorius. Hoofafrigter – Koos Eksteen. Hulpafrigter – Lin Beukes
– Spesialis-afrigters:
. Agterlyn en skopwerk – Marnitz Boshoff. Aanval en reëls – Eagon Seconds. Voorry en skrumwerk – Bollie Kotze
– Tweede span:
. Voorspelers – Riaan Cilliers. Agterspelers – Hannes Louw. Spanbestuurder – Thys Wilkinson
– Derde en vierde span:
. Voorspelers – Helgaard Steenkamp. Agterspelers – Grant Williams
– o.20’s
. Hoofafrigter – Theo Roodman. Hulpafrigter – Ullrich Barnard. Spanbestuurder – Moet nog bevestig word.

