Die Helderberg-toutrekklub het Saterdag (29 Oktober) die eerste kompetisie vir die toutrekseisoen in die Charles Morkel-stadion in Strand aangebied. Altesaam 120 jeugspanne het aan die toernooi deelgeneem, insluitend spanne van die Hoërskool Strand, wat die plaaslike klub verteenwoordig, sowel as die Hoërskool Drostdy, Worcester Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl, Hoërskool Melkbosstrand, Hoërskool Robertson, Jan Kriel Skool, Hoërskool Bellville en Hoërskool Clanwilliam. In die stewels-afdeling het die trekkers van HS hul staal gewys en eerste in die 520 kg-gemengde-, tweede in die 520 kg-meisies- en tweede in die 480 kg-seuns-afdeling geëindig. Daar was ook ’n kaalvoet-afdeling, waaraan leerders van verskeie laerskole deelgeneem het. Dié kleingoed het soos wafferse klein leeutjies geveg en baie goed gevaar. Dis nou egter tyd vir boekevat vir die leerders, wat almal uitsien na die nuwe seisoen in Januarie. HS groet vanjaar ook drie trekkers in gr. 12 – Brendan van Rooyen, Nina Esterhuizen en Tiné Els. Die Helderberg-klub is op soek na borge om die sportsoort in die Kom voort te sit en te bevorder. Die klub benodig gazebo’s, tafeldoeke, trekstewels, trektruie en pette. Individue en sakeondernemings wat die klub wil ondersteun, k

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article