Die Helderberg- senior sportdag, geborg deur die begrafnisonderneming Blue Crane Funerals, is Woensdag 5 Oktober by die NG kerk Suiderstrand gehou.
Altesaam 180 bejaardes van verskeie tehuise en aftreeoorde, waaronder Serenitas, Ametis en Altena van Die Strand Naastediens, Huis Van Niekerk Benadehof, Huis Jan Swart, Huis Soeterus en Huis Marie Louw van die ACVV-dienstak, vyf fasiliteite van die Helderberg Society for the Aged, die ACVV-Strand-dienssentrum sowel as Huis Pam Brink en Huis Esperanza van Strand Sorg het aan die sportdag deelgeneem. Die geleentheid is 47 jaar gelede deur Lea ter Haar, wat ook op die dag teenwoordig was, begin.



