Berge hou Vrydagaand (25 Februarie) proewe wat om 18:30 sal begin.
Vroeë beriggewing rakende vriendskaplike tuiswedstryde teen Franschhoek is ongelukkig van die baan aangesien die Franschhoekers en ook Goodwood nie beskikbaar is nie.
Die eerste span se wegwedstryd teen George op 5 Maart is egter bevestig en ’n toergroep sal ná die proewe aangewys word.
Helderberg reis Saterdag 12 Maart met al sy spanne na Constantia om teen Valsbaai kragte te meet.
Wat die bywoning van die proefwedstryde betref, sal ongelukkig geen toeskouers toegelaat word nie, per die WP-rugbyunie se besluit.
Die klub maak ook ’n groot aankondiging wat betref sy o.20-afdeling met die aanstelling van Theo Roodman as dié span se nuwe hoofafrigter.
Theo, ’n voormalige speler van Gordonsbaai-rugbyklub en Helderberg-rugbyklub, het ook voor sy verhuising na George by Berge afgerig.
Vir verdere inligting bel Mitch Heyns by 083 976 6304 of Lin Beukes by 082 558 7071..Aangesien daar Vrydagaand proewe gehou word, sal daar nie Donderdagaand ’n oefening wees nie.


